Pragtige 1 slaapkamer grondeenheid by sorgsentrum met 1 onderdak parkering, klein stoep en klein tuintjie. Die eenheid beskik oon 'n oopplan kombuis met pragtige ingeboude kaste, 'n stoof en oond. Die sitkamer is ook oopplan met teels regdeur die eenheid, Die slaapkamer beskik ook oor ingeboude kaste. Die badkamer bestaan uit 'n stort, wasbak en toilet met klein badkamerkassie. Die voordeur het 'n glas skuifdeur met sekuriteitshek en die agterdeur is ook toegerus met 'n trelly door. Die Aftree oord beskik oor 'n oordbussie wat weekliks rondry. Die Aftree oord beskik ook oor 'n restaurant, sorgsentrum, haarsalon en bied verskeie aktwititeite aan soos Jukskei, Rummikub, Koor, Bingo, Bybelstudie en baie meer.
Die Aftree oord is elektries omhein en is toegerus met 24 uur sekuriteit en 'n boomhek met sekuriteitswagte, Die Aftree oord is gelee naby hospitale, winkelsentrums, kerke, en hoofroetes.